Die proewe van die Sentraal streek vir o/15 en o/16 is reeds afgehandel, terwyl die o/18 spanne binne die volgende week gefinaliseer sal word. Die o/15 spelers sal sleg deel vorm van ‘n Talentvolle Spelers-groep, terwyl die o/16 en o/18 spelers aan nasionale weke gaan deelneem. Vir beide ouderdoms-spanne word ‘n “Cravenweek” span gekies, asook ‘n Akademie-span. Die volgende rondte proewe vind plaas op 10 Mei by die volgende plekke:
o/18 by Alberton rugbyklub
o/16 by Alberton High School
o/15 by Hoƫrskool Dinamika.
Die verskillende streke speel teenmekaar, waaruit 6 spanne per ouderdomsgroep gekies sal word, om aan die finale proewe op 17 Mei deel te neem. Sterkte aan die seuns wat verder deelneem aan die proewe.