Monday, April 19, 2010

Paasnaweek Rugby Nuus

Helpmekaar se rugbyspanne het die afgelope Paasnaweek by verskillende rugbyfeeste in die land gespeel en baie sukses behaal.

Die eerstespan het deelgeneem aan St John’s se Easter Rugby Festival. Hulle eerste wedstryd was teen die baie sterk span van Paarl Boys. Nadat hulle 23 – 3 agter was, het Helpmekaar terug geveg en 3 uitstekende drieë gedruk. Paarl Boys moes hard baklei om uiteindelik met 26 – 18 te wen. In hulle tweede wedstryd het Helpmekaar afgereken met die FNB- uitnodigingspan, 22 – 18. Die moeilike FNB span het op die Maandag gewys hulle is ‘n goeie span deur die gaste, St John’s te klop. Die laaste wedstryd op die Maandag was ‘n klipharde stryd teen die sterk span van HS Nelspruit. Die wedstryd het uiteindelik gelykop geeïndig met 7 punte elk. Gegewe dat Helpmekaar die skool by die toernooi was met die minste seuns, het die span baie goed gevaar teen taai kompetisie.

Die o/14-, 0/15- en 0/16- spanne het deelgeneem aan die Skonk Nicholson rugby fees by Maritzburg College in Pietermaritzburg, die grootste fees in die land met 54 spanne wat aan die week deelneem.

Die spanne het as volg gevaar:
0/16 Span: Wen teen Kearsney 13 – 0, verloor teen Westville 22 – 10 en wen teen Hilton College 20 – 12.
0/15 Span: Wen teen DHS 42 – 12, wen teen HS Middelburg 29 – 0 en wen teen Glenwood 19 – 0.
0/14 Span: Wen teen Jeppe 13 – 8, verloor teen Grey Kollege 34 – 0 en wen teen KES 23 – 18.
Geluk aan al die seuns en hulle afrigters vir die spanne se goeie vertonings.