Saturday, April 24, 2010

Rugby Nuus 23 April 2010

Na die langnaweek begin die liga en is ons eerste wedstryd Saterdag 1 Mei teen HS Riebeeckrand by ons. Aangesien verskeie van die skole in die liga nie altyd B-spanne het nie, het ons addisionele wedstryde vir die spanne gereël.
Die volgende spanne speel Donderdag 29 April teen HS Vorentoe by hulle



Busse sal die seuns daar gaan aflaai, maar ouers moet asseblief die spelers weer self gaan haal. Vorentoe is die skool wat reg langs UJ geleë is.

Die bepalings vir Saterdag 1 Mei is as volg:



Ons wil net graag die datum van die Konka kamp bevestig. Die kamp vind plaas van 6 Julie tot 9 Julie, en is verpligtend vir alle A-span groepe en die eerste span groep. Die inligting en koste van die kamp sal aan die einde van Mei aan u deurgegee word.
Ons hoop dat u almal ‘ n lekker langnaweek het en sien u volgende Saterdag by die Beeld-trofee wedstryde.

Wednesday, April 21, 2010

Rugby program Termyn 2

1 Mei
Beeldtrofee vs Riebeeckrand Tuis
5 Mei
Beeldtrofee vs Alberton Weg
8 Mei
Beeldtrofee vs Dinamika Tuis
10 Mei
Goue Leeus proewe rondte 2 Spelers in Sentraal spanne
15 Mei
Beeldtrofee vs Roodepoort Weg
17 Mei
Goue Leeus finale proewe Spelers in finale spanne
22 Mei
Beeldtrofee vs Jan Vijoen Weg
29 Mei
Beeldtrofee vs Bastion Tuis
5 Junie
Goue Leeus Halfeindrondte Spanne wat kwalifiseer
10 Jun – 11 Julie Vakansie/Wêreldbeker

6 Jun – 9 Jul Konka kamp Rustenburg Spanne in Finale

Rugby Proewe

Die proewe van die Sentraal streek vir o/15 en o/16 is reeds afgehandel, terwyl die o/18 spanne binne die volgende week gefinaliseer sal word. Die o/15 spelers sal sleg deel vorm van ‘n Talentvolle Spelers-groep, terwyl die o/16 en o/18 spelers aan nasionale weke gaan deelneem. Vir beide ouderdoms-spanne word ‘n “Cravenweek” span gekies, asook ‘n Akademie-span. Die volgende rondte proewe vind plaas op 10 Mei by die volgende plekke:

o/18 by Alberton rugbyklub
o/16 by Alberton High School
o/15 by Hoërskool Dinamika.

Die verskillende streke speel teenmekaar, waaruit 6 spanne per ouderdomsgroep gekies sal word, om aan die finale proewe op 17 Mei deel te neem. Sterkte aan die seuns wat verder deelneem aan die proewe.

Monday, April 19, 2010

Paasnaweek Rugby Nuus

Helpmekaar se rugbyspanne het die afgelope Paasnaweek by verskillende rugbyfeeste in die land gespeel en baie sukses behaal.

Die eerstespan het deelgeneem aan St John’s se Easter Rugby Festival. Hulle eerste wedstryd was teen die baie sterk span van Paarl Boys. Nadat hulle 23 – 3 agter was, het Helpmekaar terug geveg en 3 uitstekende drieë gedruk. Paarl Boys moes hard baklei om uiteindelik met 26 – 18 te wen. In hulle tweede wedstryd het Helpmekaar afgereken met die FNB- uitnodigingspan, 22 – 18. Die moeilike FNB span het op die Maandag gewys hulle is ‘n goeie span deur die gaste, St John’s te klop. Die laaste wedstryd op die Maandag was ‘n klipharde stryd teen die sterk span van HS Nelspruit. Die wedstryd het uiteindelik gelykop geeïndig met 7 punte elk. Gegewe dat Helpmekaar die skool by die toernooi was met die minste seuns, het die span baie goed gevaar teen taai kompetisie.

Die o/14-, 0/15- en 0/16- spanne het deelgeneem aan die Skonk Nicholson rugby fees by Maritzburg College in Pietermaritzburg, die grootste fees in die land met 54 spanne wat aan die week deelneem.

Die spanne het as volg gevaar:
0/16 Span: Wen teen Kearsney 13 – 0, verloor teen Westville 22 – 10 en wen teen Hilton College 20 – 12.
0/15 Span: Wen teen DHS 42 – 12, wen teen HS Middelburg 29 – 0 en wen teen Glenwood 19 – 0.
0/14 Span: Wen teen Jeppe 13 – 8, verloor teen Grey Kollege 34 – 0 en wen teen KES 23 – 18.
Geluk aan al die seuns en hulle afrigters vir die spanne se goeie vertonings.